• strict warning: Non-static method view::load() should not be called statically in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/views.module on line 906.
  • strict warning: Declaration of views_handler_filter::options_validate() should be compatible with views_handler::options_validate($form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/handlers/views_handler_filter.inc on line 26.
  • strict warning: Declaration of views_handler_filter::options_submit() should be compatible with views_handler::options_submit($form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/handlers/views_handler_filter.inc on line 26.
  • strict warning: Declaration of views_plugin_row::options_validate() should be compatible with views_plugin::options_validate(&$form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/plugins/views_plugin_row.inc on line 24.
  • strict warning: Declaration of views_plugin_row::options_submit() should be compatible with views_plugin::options_submit(&$form, &$form_state) in /home/wagnbietjiecampc/public_html/modules/j/views/plugins/views_plugin_row.inc on line 24.

● Leierontwikkelingskursusse

Hierdie kursus is spesifiek gemik op die nuutverkose Leiersgroep van die skool. Fokus word veral geplaas op spanwerk en leierseienskappe.
Die program is ‘n balans tussen lesings en fisiese aktiwiteite wat daarop gemik is om die band tussen leerders te versterk.
Hierdie kampe word vanaf Januarie tot Mei en dan weer vanaf laat Oktober tot November aangebied. Kampe strek gewoonlik oor Drie dae / Twee nagte gedurende die week of oor naweke.

● Leieridentifiseringskampe

Die doel van hierdie kursus is om leerders met sterk leierseienskappe binne die volle graadgroep te identifiseer.
Leiers word voortdurend deur middel van ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite ge-evalueer en ‘n lys, wat ALLE leerders in rangorde plaas, word aan die skool gegee vir gebruik in die verkiesing van hul nuwe Leiersgroep.
Kursusse word dwarsdeur die jaar aangebied maar geskied meestal tussen Augustus en laat Oktober.
Hierdie kursus word aangebied oor Drie dae / Twee Nagte OF Twee dae / Een nag OF
‘n ENKEL dag alleenlik

● Spanboukampe

Hierdie kampe word veral gemik op Graad 6 – 9 groepe en aktiwiteite fokus op die versterking van groepsbande deur verskeie aktiwiteite waar groepwerk en ondersteuning die kern vorm. Kampe strek gewoonlik oor Drie dae / Twee nagte gedurende die week of oor naweke.

● Opvoedkundige Toere

Toere word veral gemik op Graad 4 leerders en ‘n unieke program is spesiaal saamgestel ten einde in hierdie groepe se spesifieke leerdoelwitte te voorsien. Hierdie toere word dwarsdeur die jaar aangebied maar geskied slegs gedurende die week.
Lengte van die toer wissel vanaf Twee dae / Een nag of Drie dae / Twee nagte.
Ons kan egter ook enige doelgemaakte toerprogram saamstel om in u spesifieke behoeftes te voorsien.

● Koorkampe

Alhoewel ons nie direk betrokke is by die aanbied van programme vir Kore nie is Wag ‘n Bietjie die nommer een bestemming vir Suid-Afrika se top Kore!
Ons fasiliteite voorsien in die unieke behoeftes van kore – klaviere, koorbankies, klawerborde, genoeg oefenlokale & watertand etes maak jou Koorkamp ‘n ervaring waarna uitgesien kan word.

Indien u enige verdere besonderhede aangaande programme/kursusse verlang, of indien ons u verwysings van bestaande kliënte kan verskaf, skakel ons gerus.