In die hartjie van Gauteng vind jy die rustigheid en gasvryheid van Wag ‘n Bietjie Kampterrein. Kom kuier saam met ons in lapa’s onder Wag ‘n Bietjie bome en beleef hierdie unieke kampervaring. Die Kampterrein is binne maklike bereik geleë, net oos van die R21 snelweg tussen Pretoria en Kempton Park. Kom geniet ons pragtige grasperke en groot oop areas vir ‘n verskeidenheid van pret en plesier.
Reeds vanaf 1998 bied ons programme en etes van hoogstaande gehalte aan vele besoekers terwyl ons ervare personeel verskeie kursusse vir skole aanbied. Duisende besoekers per jaar kan nie verkeerd wees nie – waarom word jy nie deel van die groeiende Wag ‘n Bietjie fenomeen nie en kom ervaar waarom ons besoekers vriende word….