Kampe & Kursusse

Ons bied ‘n groot verskeidenheid kampe en kursusse aan.
Kyk gerus deur al die opsies en indien u meer besonderhede verlang of verwysings van ons bestaande kliënte benodig, kontak ons asseblief.

Leierontwikkelingskursusse
Hierdie kursus is spesifiek gemik op die nuutverkose Leiersgroep van die skool. Fokus word veral geplaas op spanwerk en leierseienskappe. Die program is ‘n balans tussen lesings en fisiese aktiwiteite wat daarop gemik is om die band tussen leerders te versterk. Hierdie kampe word vanaf Januarie tot Mei en dan weer vanaf laat Oktober tot November aangebied. Kampe strek gewoonlik oor Drie dae / Twee nagte gedurende die week of oor naweke.

Leieridentifiseringskampe
Die doel van hierdie kursus is om leerders met sterk leierseienskappe binne die volle graadgroep te identifiseer. Leiers word voortdurend deur middel van ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite ge-evalueer en ‘n lys, wat ALLE leerders in rangorde plaas, word aan die skool gegee vir gebruik in die verkiesing van hul nuwe Leiersgroep. Kursusse word dwarsdeur die jaar aangebied maar geskied meestal tussen Augustus en laat Oktober. Hierdie kursus word aangebied oor Drie dae / Twee Nagte OF Twee dae / Een nag OF ‘n ENKEL dag alleenlik

Spanboukampe
Hierdie kampe word veral gemik op Graad 6 – 8 groepe en aktiwiteite fokus op die versterking van groepsbande deur verskeie aktiwiteite waar groepwerk en ondersteuning die kern vorm. Kampe strek gewoonlik oor Drie dae / Twee nagte gedurende die week of oor naweke.

Opvoedkundige Toere
Toere word veral gemik op Graad 4 en 5 leerders en ‘n unieke program is spesiaal saamgestel ten einde in hierdie groepe se spesifieke leerdoelwitte te voorsien. Hierdie toere word dwarsdeur die jaar aangebied maar geskied slegs gedurende die week. Lengte van die toer wissel vanaf Twee dae / Een nag of Drie dae / Twee nagte. Ons kan egter ook enige doelgemaakte toerprogram saamstel om in u spesifieke behoeftes te voorsien.

Koorkampe
Alhoewel ons nie direk betrokke is by die aanbied van programme vir Kore nie is Wag ‘n Bietjie die nommer een bestemming vir Suid-Afrika se top Kore! Ons fasiliteite voorsien in die unieke behoeftes van kore – klaviere, koorbankies, klawerborde, genoeg oefenlokale & watertand etes maak jou Koorkamp ‘n ervaring waarna uitgesien kan word.
Fasiliteite is slegs beskikbaar vir skool en kerkgroepe. Ons is nie 'n kampeerterrein vir tente, karavane, individuele of families nie.

Kontak
- 074 806 8509
- 078 151 9151
- 086 525 9291
- faansie@gmail.com