Die Plaaswerf

Die Plaaswerf

IMG_4627

Sedert 1997

Die Plaaswerf en sy personeel verwelkom reeds sedert 1997 verskeie Laer- en Kleuterskole vir ‘n opvoedkundige plaasbesoek.

Ons is sentraal geleë en binne maklike bereik van skole in Pretoria, Kempton Park, die Oos-Rand, Midrand, Centurion en die Wes-Rand (op dieselfde perseel as Wag ‘n Bietjie Kampterrein).
Die Plaaswerf lê tussen Pretoria en Kempton Park, net oos van die R 21, naby Olifantsfontein.

'n Minimum van 50 leerders per groep word vereis.

Neem asseblief kennis dat ons nie tot die algemene publiek oop is nie

‘n Opvoedkundige program vanaf 09:00 tot 12:00 word deur ons opgeleide personeel aangebied en beloof om die leerder se plaaservaring en kennis te verbreed.

Die Plaaswerf sluit om 13:00

Die program en fasiliteite word voortdurend verbeter en uitgebrei om in u behoeftes te voorsien.

Die program sien as volg daaruit:

Arena Vertoning: Die koei word gemelk; Praatjie rondom beeste, skape, bokke & varke.

Besoek aan Pluimvee hokke: Sluit in eksotiese eende, swane, kalkoene, makoue, ganse & lê-henne.

Ander diere op die plaas waaroor daar gesels word: perde, donkies, hasies en marmotte.

Nog interessante diere op die plaas om iets van te leer is kamele, llamas, alpacas, volstruise & emoes.

Eksotiese diere op die plaas sluit Capuchin, Wheeper en Eekhoringapies sowel as Iguanas in.

Diere word gevoer: Leerders moet asseblief eie dierekos saambring soos brood, groente, vrugte ens.

Tydens pouses:

Twee pouses van 30 minute elk word tussen praatjies ingeruim.

Eie kospakkies kan genuttig word

Kospakkette vir leerders beskikbaar (bespreek asb)

Speelpark

Snoepie

Pakkette Beskikbaar:

Jy kan nou jou eie pakket saamstel om in jou unieke behoeftes te voorsien! Begin eenvoudig by pakket A en voeg die opsies van jou keuse by. Dieselfde pakket vir alle leerders word vereis.

A

Toegang en program

B

Voeg ‘n roomys by

C

Voeg ‘n trokrit by

D

Voeg ‘n warmbrak en koeldrankie by

E

Voeg ‘n kameelrit by (Slegs Graad 2 en 3)

F

Voeg ‘n donkiekarrit by

G

Voeg ‘n Snoepiepakkie (Fritos, Smarties, Jellytots en ‘n suigstokkie) by

Vir tariewe op bogenoemde pakkette kontak ons asseblief.

Vir Personeel:

Gratis toegang

Gratis tee en toebroodjies

Middagetes beskikbaar (Besprekings noodsaaklik)

Galery

Use the arrows or swipe to see more images.

Kontak ons vandag!

Om jou skool of kerkgroep se volgende kamp te reël

Fasiliteite is slegs beskikbaar vir skool en kerkgroepe. Ons is nie 'n kampeerterrein vir tente, karavane, individuele of families nie.